Ons stigting is toegewyd tot die ondersteuning en bevordering van die doelwitte en belange van Hoërskool Centurion, met ‘n fokus op die bevordering van uitnemendheid in opvoeding en die versterking van ons gemeenskap.
As oud-student of belangstellende van Hoërskool Centurion, het jy die geleentheid om ‘n impak te maak op die toekoms van die skool en sy leerders. Sluit aan by die Alumni Stigting en word deel van ‘n gemeenskap wat saamwerk vir ‘n beter toekoms vir ons skool en gemeenskap.
Maak ‘n finansiële bydrae om die Alumni-organisasie te ondersteun.
Jy kan bydrae na die befondsing van die Alumni op die volgende maniere:
Vennootskaps Kaarte
STAP 1: DOEN AANSOEK
OPSIE 1 VIRTUELE KAART:
Laai die toep af (sien hieronder).
OPSIE 2 FISIESE KAART:
Aanlyn by: myschool.co.za of by enige Woolworths
of stuur ‘n “sign up” per SMS na 31231
STAP 2: KIES EN KOOP
Kies Hoërskool Centurion as u begunstigde.
Gebruik u MySchool-kaart by MySchool-besigheidsvennote.
Die vennote betaal ‘n persentasie van u aankope aan die alumni fonds.
Laai die toep af hier.
Onthou dat jou betrokkenheid waardevol is en ‘n langdurige impak kan hê op die Alumni-gemeenskap. Dankie vir jou ondersteuning!
Skenkings
Die Alumni Stigting van Hoërskool Centurion het ‘n hulpfonds gestig en vir Artikel 18A geregistreer. U kry dus ‘n belastingvoordeel indien u ‘n donasie in die onderstaande rekening inbetaal.
Alumni Stigting van Hoërskool Centurion
Standard Bank
Rekeningnommer: 013 455 427
Takkode: 012 345
Art. 18A-sertifikaat kan aangevra word.
Stuur asb. u bewys van betaling na: info@hscenturionalumni.co.za
Vind meer uit en word deel van ons Stigting, kontak ons gerus.