Die Veld van Drome is ‘n hokkie veld projek by Hoërskool Centurion. Hierdie projek is geloods en befonds deur die Alumni Stigting om die hokkie veld tot op ‘n nasionale standaard te bring, nie net vir die Hoërskool, maar ook so vir leerders van die naby geleë skole.
Die konstruksie van die Astro-hokkieveld sal gefaseerd plaasvind, met die grondwerk wat vanaf April 2024 begin sal word.
Te Danke aan die donasies van die Alumni Stigting is die speeloppervlak verseker, maar daar is ‘n behoefte aan verdere fondse vir die installasie van ligte en geriewe.
Om hierdie LED-ligtorings, ligte en geriewe by te voeg, benodig ons aanvullende fondse. Om die fondse in te samel, is ‘n “borg ‘n vierkante meter” projek in die lewe geroep. Hierdie projek bied die geleentheid vir organisasies en individue om ‘n vierkante meter van die veld teen ‘n bedrag van R1000.00 te borg. Die borg sal erken word op ‘n telbord met ‘n gedenkplaat.
Koop ‘n vierkant
Blou Vierkant
Borg ‘n blou vierkant en help die Astro-Projek by Hoërskool Centurion. Die fondsinsameling gaandirek vir Ligte, Plaveisel en die Telbord by die veld. Jou borg van R1000.00 per vierkante meter en kry ‘n lapel wapen ‘n 18 A Sertifikaat, asook jou gekose naam op die telbord as ‘n gedenkplaat. Wees deel van hierdie eens in…