Die Hoërskool
Die hoeksteen van Hoërskool Centurion is op 27 Augustus 1960 gelê en ‘n groot droom is bewaarheid. ‘n Afrikaanse skool is vir die kinders van die Afrikaanse gemeenskap van Centurion gebou.
Die eerste Afrikaanse hoërskool suid van Pretoria, bekend as Lyttelton Hoërskool, het sy deure op 15 Januarie 1958 geopen. Mnr. P.J Maree is die tydelike hoof. Die skool was geleë op die hoek van Potgieter- en Pretoriusstraat en het aanvanklik ‘n inskrywing van 259 graad 8-leerders en 13 personeellede gehad. Die nuwe skoolgeboue, wat oorspronklik beplan was vir 750 leerders, is in 1960 amptelik ingehuldig met ‘n inskrywing van 764 leerders en 33 personeellede. Teen 1975 het die leerdersgetal gegroei tot sowat 1200.
Die skoolleuse en wapen
Die skoolleuse en wapen is eers in 1958 gefinaliseer. Met die kennis dat die skool in ‘n militêre gebied geleë gaan wees, is van die begin af aandag geskenk aan ‘n gepaste leuse en wapen om die skool aan die omgewing te bind.
Die skool se embleem is ontwerp deur die weermag se heraldikus, Majoor Van Rhijn en is vir die eerste keer in 1959 op die jaarblad se voorblad gebruik.
Die skool leuse is op 17 Augustus 1959 as “Streef steeds hoër” voorgestel en die gewysigde weergawe “Steeds Hoër” is in werking gestel.
Ons vernaamste strewe is om op te voed tot diens van die Allerhoogste.
Hoërskool Lyttelton
Hoërskool Verwoerdburg
Hoërskool Centurion
Die skool se embleem is ontwerp deur die weermag se heraldikus, Majoor Van Rhijn. Die leuse van die skool is “Steeds Hoër,” en die skoolwapen bestaan uit twee vleuels, ‘n oop boek, en ‘n granaat, wat simbolies is van die lugmagomgewing.
Die Skoollied
Alle fasette van die stigting en organisasie van ‘n nuwe skool het aandag gekry, so ook die ingebruikneming van ;n skolllied. Die treffende woorde is deur die Arifkaans onderwyser, mnr. J . Du Toit Retief, geskryf. Alhoewel dit ‘n nuwe skool was het hy daarin geslaag om die gees van die skool, sy ideale en en ambisies, sowel as fisiese mgewing in ie lireik te vervat. Die lireik is deur me J.T.U. Donges, ‘n personeellid, getoonset. Sy het die san en musiek van die begin af op haar skouers geneem en baie suksesvol hanteer.
Die skoollied is die eerste keer amptelik op waardige wyse op 11 septemner 1959 gesing.
Die Hoërskool Centurion
Die Hoërskool Centurion
Die trots van almal hier
Ons eie Alma Mater
wat ons altyd wil plesier
In alles wat ons dink en doen
on oë steeds na Bo gerig
In werk en spel ons hoogste roem
Ons skool se eer ons duurste plig
Ons arbei ywerig want ons min
Hoërskool Centurion
Skooldrag
Die vernaamste kleure van die skooldrag was grys, wynrooi en koningsblou – wat vandag nog die kleure van die skool is. Die kleurbaadjie was wynrooi met ‘n grys en blou streep – so ook die das. In die somer het die dogters ‘n grys rok met ‘n wit bloes gedra en in die winter ‘n springjurk – iets wat lankal by die skool uitgefaseer het. Verder het hulle ‘n blou baret gedra.
Die skooldrag het deur die jare byna onveranderd gebly, behalwe dat die grys hemp mettertyd uitgefaseer het en deur ‘n wit hemp vervang is.