Welkom by Hoërskool Centurion Alumni – Waar herinneringe en toekoms ontmoet
Elke Woerie dra ’n storie – van die eerste skooldag tot die laaste fluitjie op die sportveld. Sedert 1960 bou ons nie net ’n skool nie, maar ’n nalatenskap van trots, prestasie en gemeenskap. Ons Alumni Stigting is die brug tussen gister en môre: ’n netwerk van oud-leerders, ouers en vriende wat saamstaan om Hoërskool Centurion se visie lewendig te hou.
Jou betrokkenheid maak ’n verskil. Of dit deur ’n skenking, ’n projek of ’n reünie is – elke bydrae help om die kwaliteit van onderrig en die Woerie-gees vir die volgende geslag te verseker. Sluit aan, deel jou herinneringe en wees deel van ’n beweging wat die toekoms vorm. Saam bou ons verder op ’n fondament van trots.
Besoek die Alumni Winkel – Maak ‘n Verskil
Elke Woerie dra ‘n storie, en elke bydrae bou aan ons nalatenskap. Nou kan jy op ‘n eenvoudige manier betrokke raak: besoek die Alumni Winkel en ondersteun Hoërskool Centurion se projekte deur ‘n borgbydrae te maak.
Jou ondersteuning help om: Die Woerie-gees lewendig te hou vir toekomstige generasies. Infrastruktuur en geleenthede te verbeter vir ons leerders. Die skool se visie te versterk deur gemeenskaplike betrokkenheid.
Die stigting gevind in 2010 het ‘n hulpfonds gestig vir die befondsing van projekte en die aanvulling van finansiële tekorte by Hoërskool Centurion.
Lees gerus meer oor die projekte vat die stigting al befonds het by die Hoërskool.
Projekte
Die stigting is nie-winsgewende en is Artikel 18A geregistreerd. Op versoek kan ons Artikel 18A-belastingsertifikate uitreik vir jou skenking – ‘n ekstra manier om jou betrokkenheid te beloon.
Indien jy wil betrokke raak by enige van die projekte of skenkings kan maak na die projekte stuur asb ‘n epos na kommunikasie-alumni@hscenturion.co.za






